Arbeidsvreugde

Welkom by Arbeidsvreugde!

Ons bied vakansieverblyf in Jongensfontein, Wes-Kaap. Jongensfontein is ongeveer 8km vanaf Stilbaai geleƫ en is baie gewild as gevolg van die ongerepte natuurskoon, skoon see en baie sonskyn gedurende die jaar.

U is welkom om na ons huise en woonstelle te kyk wat te huur is. Ons is seker daarvan dat u vakansieverblyf sal vind wat aan u behoeftes voldoen en dat u 'n genotvolle tyd in Jongensfontein sal geniet!

Kontak ons gerus enige tyd vir besprekings en navrae. Indien u na iets spesifiek soek en dit nie kan vind op ons webwerf nie is u welkom om ons te kontak.

Ons sien uit daarna om u in Jongensfontein te verwelkom!

Vriendelike groete

Danie & Christina Janse van Rensburg